28 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-10-2025 só ingevul:
In tradisionele troues, wat noem ons die manlike metgesel van die strooimeisie?
strooijonker strooigesel strooiknapie strooiseun
Soos "bruid" naas "bruidegom" staan, so staan "strooimeisie" ("bridesmaid") naas "strooijonker" ("best-man"), en "blommemeisie" ("flower girl") naas hofknapie ("ring bearer").
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Dawid het vir Goliat ........ .
neurgevel neergefel neergevel neurgefel
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die Wêreldhandelsentrum waarin die twee vliegtuie vasgevlieg het, was in ........ .
Nieu-York New York Nu Jork Nieuw-York
Sommige geografiese name bestaan uit twee of meer los geskrewe dele. Elke deel van die naam begin dan met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Shamiela het 'n nuwe ........ vir haar bed gekoop; die ou een was nie warm genoeg nie.
doevet doewei duvet duwei
Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)