15 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-12-2025 só ingevul:
Ek moet vanaand die kinders oppas. Wat is die woordsoort van "oppas" in bostaande sin?
onoorganklike hoofwerkwoord gangbare hoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord oorgangshoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Ek moet vanaand die kinders oppas. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
In die volksmond word na die Volksrepubliek China verwys as ........ om dit te onderskei van die demokratiese Taiwan (amptelik bekend as die Republiek China).
Rooi-Sjina Rooi China Rooi Sjina Rooi-China
In meerledige geografiese name wat bestaan uit 'n eienaamelement plus 'n voorbepaling wat 'n onverboë byvoeglike naamwoord is, word die voorbepaling met 'n koppelteken aan die eienaamelement vas geskryf. Ander voorbeelde sluit in: "Groot-Brittanje","Klein-Asië" en "Wit-Rusland". (Bron: AWS 12.30)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Lang Lang is die ........ pianis wat ek nog hoor speel het.
mees briljant meer briljantste briljantste mees briljantste
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “briljant”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “briljanter” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die briljantste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Hoe lyk die ........ van sake daar op jou plaas, Koos?
stand doen stel maker
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “stand van sake”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)