2729 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-07-2024 (vlak 2)



vorige toets 25 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-07-2024 só ingevul:



Die minister moes voor die parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge verskyn oor haar departement se verkwistende besteding.
'n Sinoniem vir "verkwistende" is ........ .


suinige
99 % (afgerond)spandabelrige 
1 % (afgerond)beperkte
spaarsamige

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. 'n Sinoniem vir die woord "verkwistend" is 'spandabelrig'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Die vergelykende trap van "robuus" is ........ .



11 % (afgerond)robuusster
78 % (afgerond)robuuster 
11 % (afgerond)robuster
robbusster

Die meeste woorde in Afrikaans neem “-er” in die vergrotende trap en word nooit saam met “meer” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Die Gautengse ........ het swak polisie-intelligensie die skuld gegee vir die polisie se mislukte poging om misdaad te bekamp.


3 % (afgerond)departement van gemeenskapsveiligheid
3 % (afgerond)Departement van gemeenskapsveiligheid
4 % (afgerond)departement van Gemeenskapsveiligheid
91 % (afgerond)Departement van Gemeenskapsveiligheid  

Soortname wat as eiename optree, kry aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) (AWS 9.9). Dit sluit in die name van staatsdepartemente, fakulteite by universiteite, politieke partye, nieregeringsorganisasies en kerke.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Die graadelfs reël ʼn lekker makietie vir die matrieks.
Onder watter subkategorie van die woordsoort val "makietie" in bostaande sin?



5 % (afgerond)eiename
73 % (afgerond)soortname 
7 % (afgerond)versamelname
15 % (afgerond)feesname

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "makietie", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties