3135 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-04-2024 (vlak 1)



vorige toets 19 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 19-04-2024 só ingevul:



Die dominee het die diens met ʼn ........ afgesluit.


96 % (afgerond)gebed 
gebit
3 % (afgerond)gebid
1 % (afgerond)gebod

Iemand wat "bid" sê ’n "gebed" op. Die verlede tyd van "bid", is "gebid". Die meervoud van "gebed" is "gebede".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Kyk die ........ daar in die veld!


86 % (afgerond)fisante 
4 % (afgerond)fisants
8 % (afgerond)fisantes
2 % (afgerond)fisantens

Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig, kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Almal was in rep en ........ om alles gereed te kry vir die konsert.


10 % (afgerond)klep
2 % (afgerond)schlep
84 % (afgerond)roer 
4 % (afgerond)rap

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “in rep en roer”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Die kerk is ʼn bekende baken op die dorp.
Wat is die woordsoort van "baken" in bostaande sin?


4 % (afgerond)bywoord
15 % (afgerond)byvoeglike naamworod
3 % (afgerond)werkwoord
78 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “baken - die baken – bakens”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties