3177 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Afrikataalleenwoorde

Afrikaans word verryk deur woorde by ander tale te leen. Die afgelope 200 jaar het Afrikaans woorde aan etlike Afrikatale ontleen. Voorbeelde is kikoejoe (soort gras), wat afkomstig is uit Luganda, 'n taal van Midde-Afrika; kwasjiorkor ('n siektetoestand) uit Ghanees; oehoeroe ('vryheid') uit Swahili; en safari wat via Engels uit Swahili uit Arabies kom.

 

Die spelling van leenwoorde uit Afrikatale val in twee kategorieë – die onverafrikaanstes en die verafrikaanstes. Woorde wat van Afrikatale geleen is, kan as wisselvorme aangegee word, byvoorbeeld dumela of doemêla, maar voorkeur word deesdae gegee aan die Afrikataalspelling. Die woorde wat meer onlangs uit Afrikatale geleen is, word dus meestal volgens die Afrikataalspelwyse gespel, soos woza.

 

Die klank van sommige leenwoorde uit Afrikatale het egter in so ’n mate verafrikaans dat nie die spraak of die spelling ’n probleem is nie, byvoorbeeld tollie in pleks van ithole, mamba in pleks van imamba, tambotie in pleks van umthombhoti.


Ander behou weer hul oorspronklike vorm soos imbongi, impala, impimpi, indaba, ubuntu, lapa, moruti en lekgotla.

 

Kyk gerus hoe leenwoorde uit Afrikatale verskil van ander verafrikaanste woorde, vreemde woorde en woord in die tussenklas.

 

Lees meer

 

Lees hoofstuk 18.1 in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.

 






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties