31 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 31-07-2026 só ingevul:
Al Johan se slim planne is pure snert. 'n Sinoniem vir "snert" is ........ .
versinsel lug gehalte bog
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "snert - bog".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Faiz het die koerant ........ maar nie juis gelees nie.
gedeurblaai deurgeblaai deur geblaai
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep dra ("deurblaai"), vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" ("deurgeblaai") (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Bettie het ........ bewys dat sy vertrou kan word.
ondergrawend onteenseglik onafsienbaar onbestendig
Die vaste uitdrukking "onteenseglik bewys" beteken 'onweerlegbaar bewys'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die Van der Merwes slag elke jaar 'n bees. Wat is die woordsoort van "slag" in bostaande sin?
selfstandige naamwoord werkwoord bywoord byvoeglike naamwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "slag - geslag".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)