17 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-04-2026 só ingevul:
Die ........ was grootliks suksesvol.
tertafel legging ter tafellegging ter tafel legging tertafellegging
Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel ("-ing") wat 'n woordgroep ("ter tafel lê") saambind tot 'n woord wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Ons het maar langsamerhand agtergekom hoe skelm sy is. Wat is die woordsoort van "langsamerhand" in bostaande sin"?
bywoord van wyse bywoord van graad bywoord van tyd bywoord van modaliteit
Bywoorde modifiseer die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "langsamerhand", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Soos koeie bulk, so sê ons bulle ........ .
snork brul balk grom
Koeie bulk, bulle brul en donkies balk.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
As ek gaan uiteet, drink ek net ........ - die ander wyn is net nie vir my lekker nie.
pinotage Pinotage Pinotage of pinotage
Die name van kultivars of tipes kan met 'n hoofletter of kleinletter geskryf word.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)