2121 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-03-2026 (vlak 1)



vorige toets 16 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-03-2026 só ingevul:



Susan speel graag Saterdae ........ .
tenes
2 % (afgerond)tenis
tennes
98 % (afgerond)tennis 

’n Konsonant wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van ’n woord dra, word verdubbel (AWS 11.23).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Peter het al baie terugslae in sy lewe ........ , maar dit het hom nie ondergekry nie.
1 % (afgerond)ge-ondervind
96 % (afgerond)ondervind 
2 % (afgerond)geondervind
1 % (afgerond)ondergevind

As ’n woord met ’n voorsetsel begin en die klem val nie op die voorsetsel nie, kry dit nie ’n "ge-" in die verlede tyd nie, byvoorbeeld "het ondervind".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Hierdie ingewikkelde werk kan net deur 'n ........ gedoen word.

98 % (afgerond)kundige 
1 % (afgerond)Kundige
kindige
Kindige

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “kundige”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Misdaad het 'n alledaagse verskynsel geword.
'n Sinoniem vir "alledaagse" in bostaande sin is ........
interessante
2 % (afgerond)kommerwekkende
96 % (afgerond)gewone 
1 % (afgerond)besonderse

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "alledaags - gewoon", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het.

Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
97% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties