0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 10-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 10 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-12-2025 só ingevul:



Die huis spog met 'n ........ en 'n swembad.
12 % (afgerond)dubbel motorhuis
83 % (afgerond)dubbelmotorhuis 
6 % (afgerond)dubbelemotorhuis

Die woord "dubbel" is 'n selfstandige naamwoord. Wanneer dit in kombinasie met nog 'n selfstandige naamwoord geskryf word ("dubbel + motorhuis") vorm dit 'n samestelling en word dit vas geskryf. Die woord "dubbele" is egter 'n byvoeglike naamwoord en word gewoonlik los van die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Heindrich hou nie van swem nie ........ tog vat hy 'n swembroek saam.

53 % (afgerond)komma
2 % (afgerond)dubbelpunt
punt
45 % (afgerond)kommapunt 

'n Kommapunt kom gewoonlik in die middel van 'n sin voor. Daar is 'n belangrike verband tussen die dele voor en ná die kommapunt, selfs al lyk die twee na twee volwaardige sinne wat ook los van mekaar sou kon staan.
Sien ook die bladsy Kommapunt.



Die skandaal het die president se beeld groot skade ........ .
laat ontstaan
85 % (afgerond)berokken 
gemaak
15 % (afgerond)aangedoen

Die woord "berokken" beteken iets onaangenaams 'veroorsaak' of 'teweegbring' en word baiekeer saam met die woord "skade" gebruik.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die ........ staatsnuusagentskap berig dat alle ooreenkomste ongeldig sal wees indien die VSA voortgaan met handelsanksies.
18 % (afgerond)Sjinese
81 % (afgerond)Chinese 
1 % (afgerond)Chinees
Sjinees

Die inwoners van China word Chinese genoem en het Chinese gewoontes. Die spelling "Sjina" en "Sjinese" word nie meer deur die AWS erken nie.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties