3184 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 26 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-04-2024 só ingevul:



’n Homofoon van die woord "noot" is ........ .


1 % (afgerond)gevaar
84 % (afgerond)nood 
15 % (afgerond)toon

Die woorde "noot" en "nood" is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het. Die woord "noot" verwys na 'musieknote' of 'papiergeld' en die woord "nood" verwys na 'gevaar'.
Sien ook die bladsy Homofone.




Idioom: Gedane sake het geen ........ nie.


3 % (afgerond)doel
3 % (afgerond)genade
3 % (afgerond)einde
91 % (afgerond)keer 

Die idioom "gedane sake het geen keer nie" beteken 'as iets gedoen is, kan jy niks daaraan verander nie'.

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Ons was die naweek by die dieretuin; die kinders het veral die ........ geniet met die leeus en tiere.


77 % (afgerond)grootkatafdeling 
9 % (afgerond)groot katafdeling
9 % (afgerond)groot kat-afdeling
5 % (afgerond)groot kat afdeling

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "groot" + selfstandige naamwoord "kat") en ʼn selfstandige naamwoord "afdeling".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Rhoda is ........ na die telefoonnommer van die bekende teler in Kaapstad.



op-soek
62 % (afgerond)op soek 
37 % (afgerond)opsoek

In die sin "op soek na" word "op soek" los geskryf; in die werkwoordvorm "ek moet iets opsoek" word dit vas geskryf.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties