26 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-04-2024 só ingevul:
Die woord "bakkies" in die volgende sinne is ’n ........ . Ek het ses bakkies nodig om die poeding in te maak. Sjoe, maar daai man het darem lelike bakkies.
antifoon
sinoniem homoniem
homofoon
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "bakkies" (‘meervoud van bakkie’) en "bakkies" (‘informele sinoniem vir gesig’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Die ........ het koeke, terte en ander soet- sowel as southappies ingesluit.
eetdinge of eetgoed eetgoed
eetdinge
Die meervoud van "-ding" is "-goed". Daarom praat ons van een "eetding", maar baie "eetgoed", asook van een "speelding", maar baie "speelgoed".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Idioom: Die ........ hoor lui, maar weet nie waar die bel/klepel hang nie.
klok
alarm
foon
wekker
Die idioom "om die klok te hoor lui, maar weet nie waar die bel/klepel hang nie" beteken 'om iets te gehoor het, maar nie die besonderhede te ken nie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die baan het die ruiters se vernuf tot die uiterste beproef. Wat is die woordsoort van die woord "vernuf" in bostaande sin?
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld "vernuf - die vernuf". Die woord "vernuf" het egter geen meervoudsvorm nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)