3115 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 26 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-04-2024 só ingevul:



Kinders, julle moenie so ........ nie!


13 % (afgerond)slegs tekere gaan of tekeregaan
39 % (afgerond)slegs te kere gaan of tekere gaan
40 % (afgerond)te kere gaan of tekere gaan of tekeregaan 
8 % (afgerond)slegs tekeregaan

As jy 'n groot lawaai maak of woes baljaar, gebruik ons die uitdrukking "te kere gaan". Jy kan dit ook "tekere gaan" of "tekeregaan" skryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




Dit reën nou al drie dae aaneen.
Die woordsoort van "aaneen" in bostaande sin 'n ........


1 % (afgerond)bywoord van natuur
51 % (afgerond)bywoord van wyse 
25 % (afgerond)bywoord van modaliteit
23 % (afgerond)bywoord van tyd

Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "aaneen", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Is ........ ook onder die profete?
('n Spreekwoord wat gebruik word om verbasing uit te druk as iemand iets besonders doen, of as jy iemand aantref waar jy hom nie verwag nie.)


21 % (afgerond)Eli
10 % (afgerond)Dawid
7 % (afgerond)Jakob
62 % (afgerond)Saul 

'n Spreekwoord is 'n stukkie waarheid of wysheid wat in die volksmond ontstaan het en wat as ‘n algemene waarheid beskou word.
Hierdie spreekwoord kom uit die Bybel (1 Samuel 10:11,12).

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Ons Joodse bure vier vandag ........ ; oftewel die Joodse Nuwejaar.


58 % (afgerond)Roosj Hasjana 
1 % (afgerond)roosh hashana
roosj hasjana
42 % (afgerond)Roosh Hashana

Die name van Joodse feesdae word verafrikaans. Die Hebreeuse ראש השנה beteken "hoof van die jaar" in Afrikaans.

Sien ook die bladsy Feesdae.




TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties