Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 01-05-2024 (vlak 1)



vorige toets 01 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-05-2024 só ingevul:



ʼn Tarentaal het ........ op sy vere.


1 % (afgerond)spikkelens
1 % (afgerond)spiks
97 % (afgerond)spikkels 
1 % (afgerond)spikkelse

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, kry ’n “-s” in die meervoud (AWS 13.3).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die ........ van die klooster glimlag baie selde.


66 % (afgerond)abdis 
9 % (afgerond)apdis
6 % (afgerond)apdus
18 % (afgerond)abdus

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "abdus" in plaas van die korrekte "abdis".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Tydens die jagtog het James ’n ........ geskiet en die bok gedood.


2 % (afgerond)kol-skoot
8 % (afgerond)kol skoot
90 % (afgerond)kolskoot 

ʼn Samestelling ("kolskoot") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("kol" en "skoot") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Jy moet by die voordeur uitloop, nie die agterdeur nie!
Wat is die antoniem van "uitloop" in bostaande sin?


16 % (afgerond)uittree
79 % (afgerond)inloop 
4 % (afgerond)betree
2 % (afgerond)oorloop

Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het, byvoorbeeld "inloop - uitloop", "kom - gaan", "kind - grootmens".
Sien ook die bladsy Antonieme.




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties