30 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-04-2024 só ingevul:
Ons moet hierdie oorwinning met 'n glasie sjampanje ........ .
vuur
fuur
fier vier
Jy "vier" iets wanneer jy gelukkig is oor iets, en jy is vol trots wanneer jy "fier" en regop loop.
Sien ook die bladsy Homofone.
Prof. Wissing se twee ........ is hoofsaaklik fonetiek en Afrikaanse fonologie.
nisse
niste
nise
'n "Nis" is 'n spesialisgebied, die area waarin iemand 'n kundige is. Oorspronklik het die woord "nis" verwys na 'n holte in 'n muur. Metafories verwys 'n spesialis se nis dus na daardie holte wat hy/sy vir hom/haar uitgekap het.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die Flaviese amfiteater in Rome staan bekend as die ........ .
Colosium
Collosseum
Colossium Colosseum
Die Colosseum (of Kolosseum; soms ook Coliseum) is gebou onder keisers Vespasianus en Titus en in 80 n.C. ingewy. Dit is genoem na die colossus of reusestandbeeld van Nero wat daarby gestaan het. Deur eienaamverbleking verwys "colosseum" (met 'n kleinletter) ook na enige groot skouburg. Bron: WAT
In hierdie geval word "herinner" gebruik. As jy sê: "Onthou my", beteken dit dat jy daardie persoon self nie moet vergeet nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)