Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 20-05-2024 (vlak 3)



vorige toets 20 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-05-2024 só ingevul:



Ek het vir my hierdie mooi handskoene op die uitverkoping gekoop. Dis van egte ........ .


1 % (afgerond)suedè
12 % (afgerond)suede
31 % (afgerond)suéde
56 % (afgerond)suède 

Vreemde woorde ("suède") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




Iemand wat pasiënte onder verdowing plaas, noem ons 'n ........ .


89 % (afgerond)narkotiseur 
1 % (afgerond)anestesis
9 % (afgerond)narkotiseer
anestetisus

'n Narkotiseur dien narkose toe. Ander sinonieme sluit in "anestetikus" en "anestetis".

Sien ook die bladsy Persoonsvorme.




........ is 'n subvariëteit van Oranjerivierafrikaans.


7 % (afgerond)Griekwa-afrikaans of Griekwaäfrikaans
29 % (afgerond)Griekwa-Afrikaans
3 % (afgerond)Griekwaafrikaans
61 % (afgerond)Griekwa-afrikaans of Griekwa-Afrikaans 

'n Saamgestelde taalbenaming bestaande uit die naam van 'n gebruikersgroep plus 'n basiese taalnaam (bv. "Oranjerivierafrikaans") word sonder 'n koppelteken vas geskryf. Die koppelteken in "Griekwa-afrikaans" of "Griekwa-Afrikaans" word genoodsaak deur die opeenvolging van vokaalletters wat tot verskillende lettergrepe behoort.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die kleinste betekenisvolle of funksionele woorddeel wat in 'n taal voorkom, is 'n ........ .


26 % (afgerond)lemma
45 % (afgerond)morfeem 
7 % (afgerond)sillabe
23 % (afgerond)lettergreep

Verskillende morfeme kan geïdentifiseer word, waaronder stamme, prefikse (voorvoegsels), suffikse (agtersetsels) en interfikse (verbindingsklanke).
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties