16 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-11-2026 só ingevul:
Hulle is verlede jaar ........ om in Nederland te gaan woon.
land uit lantuit landuit lantuit
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
'n ........ regering lok beleggers.
Stabiel Stabielende Stabiels Stabiele
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Ek is geïnteresseerd in tipiese ........ gewoontes.
Egiptelandse Egiptenaarse Egiptese Egiptiese
Mense wat van Egipte kom, noem jy "Egiptenare" met "Egiptiese" gewoontes.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Omdat Simon al voorheen vir Marike gekul het, wantrou sy hom. 'n Antoniem vir die woord "wantrou" is ........ .
aanvaar trou betroubaar vertrou
Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het.
Sien ook die bladsy Antonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)