Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-11-2026 (vlak 3)



vorige toets 13 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-11-2026 só ingevul:



Dr. Botha is 'n bekende ........ .
57 % (afgerond)oor-neus-en-keelspesialis 
1 % (afgerond)oor/neus/keelspesialis
22 % (afgerond)oor-, neus- en keelspesialis
21 % (afgerond)oor- neus- en keelspesialis

In komplekse samestellings word die dele met koppeltekens geskei. Daar sou ook 'n koppelteken geskryf kan word tussen "keel" en "spesialis", maar dit is nie verpligtend nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ivo het vyf jaar gelede afgetree.
Onder watter subkategorie van die woordsoort val "gelede" in bostaande sin?
eienaam
7 % (afgerond)abstrakte naamwoord
16 % (afgerond)predikatiewe adjektief
77 % (afgerond)bywoord van tyd 

Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "abrup", bywoord van tyd - "gelede", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Iemand wat dieselfde naam as jy dra, is jou naamgenoot of jou ........ .
2 % (afgerond)benaamde
4 % (afgerond)benoemde
3 % (afgerond)genaamd
91 % (afgerond)genant 

'n Sinoniem vir "naamgenoot" is "genant".
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.



Ten spyte van die feit dat ........ veselryk is, moet dit in ʼn lae-GI-dieet vermy word.

3 % (afgerond)Herbertpampoen
24 % (afgerond)Herbertpampoen of herbertpampoen
7 % (afgerond)Hubbardpampoen
66 % (afgerond)Hubbardpampoen of hubbardpampoen 

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "gaboenadder", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a). Die name van variëteite kan met hoof- of kleinletters geskryf word. Die gewone naam vir "Cucurbita maxima subsp. hubardiana" staan in Afrikaans bekend as "hubbardpampoen" en nie "herbertpampoen" nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties