09 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-11-2026 só ingevul:
Die atleet moes na sy besering ’n ........ om sy been dra.
skid skut skit skud
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "skid" wanneer hulle "skud" bedoel.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die spreker het so ........ dat die gehoor hom uitgelag het.
kleigetrap klei getrap gekleitrap
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep dra, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
........ ! Jy gaan brand as jy so naby aan die vuur staan.
Pasop pasop pesop Pessop
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter ("Pasop"), tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Die woord “antoniem” beteken: ........ .
vreemde dieselfde anglisisme teenoorgestelde
Antonieme is woorde wat teenoorgestelde betekenisse het, soos dag teenoor nag, warm teenoor koud, en op teenoor af. Die woord antoniem kom uit die Griekse anti ("teenoorgestelde") en onoma ("naam").
Sien ook die bladsy Antonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)