Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 06-11-2026 (vlak 1)



vorige toets 06 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-11-2026 só ingevul:



Die woord "biskoppe" in die volgende sinne is 'n ........ .
Die biskoppe van die Anglikaanse Kerk gaan die verkiesing van vroue in die amp aanmoedig.
Ons het die naweek 'n paar biskoppe op Kleinmond uitgetrek.
antifoon
2 % (afgerond)antoniem
2 % (afgerond)sinoniem
97 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “biskop” (‘kerklike amp’) en “biskop” (‘soort vis’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



Anita het ʼn ........ fout gemaak toe sy met daardie niksnut getrou het.
2 % (afgerond)fataale
fatal
1 % (afgerond)fataal
97 % (afgerond)fatale 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan. Die tweede "a" in "fatale" word nie verdubbel nie om die beklemtoonde oop lettergreep lank te hou.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Idioom: Elke huis het sy ........ .
100 % (afgerond)kruis 
venster
fornuis
dak

Die uitdrukking "elke huis het sy kruis" beteken 'elkeen het sy eie moeilikheid of leed'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Vroeër jare het ........ gereeld hulle ware op plase kom verkoop.

smouste
98 % (afgerond)smouse 
1 % (afgerond)smousens

Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm, byvoorbeeld "smous - smouse" (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



TOTAALRESULTAAT:
98% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties