Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 28-10-2026 (vlak 3)



vorige toets 28 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-10-2026 só ingevul:



Haar ........ gaan haar nog in die tronk laat beland!
92 % (afgerond)bedrieëry 
8 % (afgerond)bedriëery
bedrie-ery
1 % (afgerond)bedrieery

Die funksie van 'n deelteken is om aan te dui dat twee vokale wat na mekaar volg nie as 'n diftong uitgespreek moet word nie, maar wel as twee verskillende klinkers. 'n Mens sou dus kon sê 'n deelteken verleen 'n ekstra lettergreep aan 'n woord.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Die ........ was grootliks suksesvol.
27 % (afgerond)ter tafellegging
19 % (afgerond)ter tafel legging
53 % (afgerond)tertafellegging 
1 % (afgerond)tertafel legging

Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel ("-ing") wat 'n woordgroep ("ter tafel lê") saambind tot 'n woord wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Ek moet die ........ om drieuur gaan spreek.
4 % (afgerond)slegs Professor
5 % (afgerond)slegs proffessor
59 % (afgerond)slegs professor 
32 % (afgerond)Professor of professor

Indien 'n eienaam in 'n aanspreek- of aanhefvorm bygevoeg word, begin die aanspreek- of aanhefvorm met 'n kleinletter (AWS 9.5). Waar sulke vorme nie as aanspreekvorme gebruik word nie, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Die idioom: "Hy het ʼn bek soos ʼn skeermes", beteken ........ .

2 % (afgerond)skerp tande hê
1 % (afgerond)onaantreklik wees
glad geskeer wees
98 % (afgerond)wel ter tale wees 

Die idioom "ʼn bek soos ʼn skeermes hê", beteken dat iemand taal goed kan gebruik, of baie skerp is. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties