Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 27-10-2026 (vlak 3)



vorige toets 27 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 27-10-2026 só ingevul:



Die klerewinkel het fraai ........ vir dogtertjies.
3 % (afgerond)kleurtjies
2 % (afgerond)kleerkies
94 % (afgerond)kleertjies 
kleurkies

Oorronding kan dikwels lei tot verkeerde spelling, aangesien ons in Afrikaans meestal woorde spel soos ons dit uitspreek. Oorronding is 'n verskynsel wanneer mense woorde uitspreek met geronde lippe, waar dit nie nodig is nie.
"kleurtjies" is kleure -'wit', 'rooi', ensovoorts.
"kleertjies" is drag vir kinders.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Die getal vier-en-twintig is gelyk aan twee ........ .
1 % (afgerond)twaalf'e
4 % (afgerond)twaalwe
8 % (afgerond)twaalfs
87 % (afgerond)twaalwe of twaalfs 

Woorde wat op 'n "f" eindig se meervoude word gewoonlik deur die toevoeging van 'n "-e" gevorm, terwyl die "f" 'n "w" word. Enkele uitsonderings bestaan egter waar die meervoud eenvoudig deur die toevoeging van óf 'n "-s" (bv. "sjefs" en "neefs"), óf 'n "-e" (bv. "nimfe" en "triomfe") gevorm word. Die meervoud van die telwoord "twaalf" kan sowel "twaalwe" as "twaalfs" wees.

Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Daar is vanaand 'n dans in die skuur by die bekende dansplek, ........ .
6 % (afgerond)Koos Se Kraal
15 % (afgerond)Koos-Se-Kraal
73 % (afgerond)Koos se Kraal 
6 % (afgerond)Koos se kraal

Indien plekname die element "se" bevat en die dele los geskryf word, begin die laaste komponent ook met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Daar is baie ........ langs die skoonveld van die gholfbaan geplant.
4 % (afgerond)kiekoejoe
16 % (afgerond)kikuyu
65 % (afgerond)kikoejoe 
16 % (afgerond)kikuju

Met Afrikataalleenwoorde word die spelling soms verafrikaans, soos in hierdie geval.
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties