Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 26-10-2026 (vlak 3)



vorige toets 26 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-10-2026 só ingevul:



'n Sinoniem vir die woord "inderdaad" is ........ .
51 % (afgerond)bepaald 
45 % (afgerond)onteenseglik
2 % (afgerond)hoegenaamd
2 % (afgerond)bowendien

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "inderdaad - bepaald".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Idioom: Die ........ oor iemand breek.
5 % (afgerond)sjampanje
6 % (afgerond)glas
22 % (afgerond)eier
67 % (afgerond)staf 

Die idioom "die staf oor iemand breek" beteken 'iemand veroordeel'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die vliegtuig het in die moeilikheid beland toe 'n ........ ontplof het.
66 % (afgerond)litiumbattery 
29 % (afgerond)lithiumbattery
3 % (afgerond)lithium battery
2 % (afgerond)litiumbatery

ʼn Samestelling (“litiumbattery”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“litium” en “battery”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die eerste fase van die projek behoort binnekort voltooi te wees.
Wat is die woordsoort van "fase" in bostaande sin?

65 % (afgerond)abstrakte naamwoord 
4 % (afgerond)versamelnaam
1 % (afgerond)eienaam
30 % (afgerond)soortnaam

Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "fase", "godsdiens", "liefde" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties