26 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-10-2026 só ingevul:
Die regerende party het 'n ........ in die verkiesing gekry.
2-derdemeerderheid tweederdemeerderheid 2/3-meerderheid tweederde meerderheid
In "tweederdemeerderheid" word die getal uitgeskryf, en dit word vas (sonder koppeltekens) geskryf.
Sien ook die bladsy Getalle.
Voordat ons kan sien hoeveel dit gaan kos om die stuk grond te ontwikkel, moet die ........ eers ’n kosteberaming doen.
bou rekenaar bou-rekenaar bourekenaar
ʼn Samestelling ("bourekenaar") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("bou" en "rekenaar") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die pa se ........ het op sy ongehoorsame seun gereën.
floekens vloekke floeks vloeke
Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Idioom: In 'n mens se eie huis ........ die klok die mooiste.
weerklink slaan lui tik
Die idioom "In 'n mens se eie huis tik die klok die mooiste", beteken ''n Mens is op jou gemak in jou eie huis'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)