23 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-10-2026 só ingevul:
Anna het nog geen oefening gedoen ........ die hokkieseisoen nie.
sedirt sedert seedirt seedert
Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Idioom: As dit ........ reën, moet 'n mens skep.
manna pap hard sneeu
Die idioom "as dit pap reën, moet 'n mens skep", beteken ''n mens moet elke geleentheid benut'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die regering het nog geld bekom om ........ vir MIV-pasiënte gratis beskikbaar te stel.
anti-retrovirale middels anti retrovirale middels antiretrovirale middels
Woorde soos "antiretrovirale" word sonder ’n koppelteken geskryf, omdat dit geen leesbaarheidsprobleme veroorsaak nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Groot dele van die Vrystaat en Noordwes gaan vanjaar ........ onder een van die ergste droogtes in dekades.
gebik gebukkend gebikkend gebuk
Die woord "gebuk" beteken 'vooroor geboë' en 'n mens gaan "gebuk" onder 'n las; die woord "gebukkend" beteken 'in 'n gebukte houding', byvoorbeeld "gebukkend" loop. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)