11 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-09-2026 só ingevul:
Die student se mediese opleiding sal hom ........ om eendag mense te help.
in staat stel instaatstel instaat stel in staatstel
Woorde wat deel van 'n woordgroep uitmaak, word los van mekaar geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die hoof se parkeerplek is skaars tien treë van haar kantoor af. Wat is die woordsoort van "treë" in bostaande sin?
soortname versamelname massaname eiename
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "tree", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Dis onmoontlik, jy kan nie - ........ !
almiskien aalmiskien almiskie aalmiskie
Tussenwerpsels is kort woorde, gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui. Die woord "almiskie" is 'n uitroep dat die spreker sy standpunt handhaaf. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.
Die voormalige ........ president, Dilma Rousseff, was die eerste vrou om dié amp in die land te beklee.
Brasiliaanse Brasiliëse Brasiliese of Brasiliaanse Brasiliese
Beide byvoeglike naamwoorde vir Brasilië "Brasiliese" en "Brasiliaanse" word erken. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname, die name van hul inwoners en byvoeglike naamwoorde verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)