Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 11-09-2026 (vlak 1)



vorige toets 11 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-09-2026 só ingevul:



Gaan jy na Sipho-hulle se ........ toe?
2 % (afgerond)trou
1 % (afgerond)troues
trouens
97 % (afgerond)troue 

Iemand wat trou, hou ’n "troue". Die meervoud van "troue", is "troues".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Die protestantse en katolieke kerke het elkeen verskillende ........ .
tradusies
tradisi’s
tradusie’s
100 % (afgerond)tradisies 

Woorde wat op "a", "e", "i", "o", "u" wat nie ’n tweeklank is nie en op ’n onbeklemtoonde "ie" of "ee" eindig ("tradisie"), kry "-s" in die meervoud (AWS 13.5).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



........ ! Daar spring die padda in die water.
44 % (afgerond)Pardoems 
3 % (afgerond)Plas
18 % (afgerond)Kardoems
35 % (afgerond)Plons

Tussenwerpsels is kort woorde, gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



Jy wil vir seker nie met daardie kwaai vrou in 'n argument betrokke raak nie.
Wat is die woordsoort van die woord "argument" in die bostaande sin?
19 % (afgerond)werkwoord
1 % (afgerond)bywoord
1 % (afgerond)voegwoord
79 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: argument - die argument - argumente.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties