Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-09-2026 (vlak 3)



vorige toets 09 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-09-2026 só ingevul:



Die atleet het in die 100 m-naelloop ........ .
2 % (afgerond)seëgevier
89 % (afgerond)geseëvier 
9 % (afgerond)geseevier
seegevier

Die woord "seëvier" word met 'n deelteken geskryf, aangesien die grondwoord "sege" is. Wanneer die "g" wegval, word dit met 'n deelteken aangedui. Dit het ook by die Nederlandse "regen" gebeur, wat nou geskryf word as "reën".
Sien ook die bladsy Deelteken.



Maak asseblief vir my vyf ........ vol met water.
8 % (afgerond)20 literhouers
89 % (afgerond)20-literhouers 
3 % (afgerond)20 liter houers

Samestellings met 'n afkorting, simbool of syfer, word vas met 'n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "20-literhouers", "F16-vegvliegtuig" (AWS 14.5).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die Oos-Kaapse dorpie waar die bekende Uilhuis staan, is ........ .
98 % (afgerond)Nieu-Bethesda 
Nieu-bethesda
Nu-betesda
1 % (afgerond)New Betesda

Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.



Idioom: 'n Klip/steen vir ........ gee.
97 % (afgerond)brood 
2 % (afgerond)skoene
klere
1 % (afgerond)geld

Die idioom "'n klip/steen vir brood gee" beteken 'om die onbruikbare en waardelose vir die nodige te gee'.
Dit is ontleen aan die Bybel uit Lukas 11:11.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties