Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-09-2026 (vlak 1)



vorige toets 08 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-09-2026 só ingevul:



Die ambulans het teen 'n hoë spoed na die hospitaal gejaag.
Wat is die woordsoort van "spoed" in bostaande sin?
1 % (afgerond)voornaamwoord
16 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
77 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
6 % (afgerond)werkwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “spoed - die spoed”. Sommige naamwoorde soos "spoed" het egter geen meervoud nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



........ boer met sonneblomme.
78 % (afgerond)Gerrit-hulle 
3 % (afgerond)Gerrit en hulle
18 % (afgerond)Gerrit hulle

Verbindings met "hulle" word met ’n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "Gerrit-hulle", "Dewald-hulle", "Pa-hulle".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



’n ........ is darem maar lekker saam met braaivleis.
buur
2 % (afgerond)Buur
4 % (afgerond)bier
94 % (afgerond)Bier 

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Die klein ........ wil vir my kom vertel hoe om te boer!

29 % (afgerond)snotneus
snees
snotter
71 % (afgerond)snotkop 

'n Plat manier om 'n jong, onervare persoon wat ook gehoor wil word te beskryf, noem ons 'n "snotkop".
Bron: HAT
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties