Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 07-09-2026 (vlak 2)



vorige toets 07 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-09-2026 só ingevul:



'n Groep ........ het 'n beroep op die regering gedoen om in te gryp en droogtehulp aan boere te verleen.
87 % (afgerond)kommersiële boere 
13 % (afgerond)handelsboere
handels boere
1 % (afgerond)kommersieele boere

In baie gevalle word die Engelse woord "commercial" met "handels-" vertaal. In die geval van "commercial farmers" is "kommersiële boere" egter meer algemeen.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Is hierdie waspoeier ........ ?
32 % (afgerond)eko-vriendelik
3 % (afgerond)eko vriendelik
64 % (afgerond)ekovriendelik 

Daar is geen leesbaarheidsprobleem in die woord "ekovriendelik" nie; die woord kry dus nie 'n koppelteken nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die vrou het haar ........ ketting as egte goud probeer verkwansel.
87 % (afgerond)vergulde 
1 % (afgerond)vergolde
12 % (afgerond)vergilde

Die werkwoord wat afgelei is van die selfstandige naamwoord "goud" is "verguld". Die verlede deelwoord daarvan bly onveranderd en word as byvoeglike naamwoord gebruik om 'n item te beskryf wat met 'n lagie bladgoud of goudkleurige verf bedek is.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Jy is hier weg sonder om te groet en ek moes alleen ........ .
25 % (afgerond)die onderspit delf
2 % (afgerond)heeldag spit
72 % (afgerond)die spit afbyt 
1 % (afgerond)in die grond spit

Die idioom "die spit afbyt" beteken 'die moeilikste of gevaarlikste werk verrig'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties