Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-09-2026 (vlak 2)



vorige toets 04 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-09-2026 só ingevul:



Beauty het 'n ........ studiebeurs gewen.
25 % (afgerond)oorseese
oorseuse
1 % (afgerond)oorsees
75 % (afgerond)oorsese 

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Na my mening hou die nuwe taalbeleid baie potensiaal in, maar ........ het dit reeds gefaal.
92 % (afgerond)syns insiens 
6 % (afgerond)syn siens
3 % (afgerond)syn gesien

Die vaste uitdrukking "syns insiens" beteken 'volgens sy oordeel'. "Myns insiens" beteken insgelyks 'volgens mý oordeel'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die pa het sy seun van ver af sien aankom en hom ........ .
65 % (afgerond)tegemoetgegaan 
7 % (afgerond)te gemoed gegaan
17 % (afgerond)tegemoed gegaan
12 % (afgerond)te gemoet gegaan

Die woord "tegemoetgaan" is ’n uitsonderlike geval in Afrikaans, aangesien ons gewoonlik sulke woordgroepe los skryf, byvoorbeeld "te water laat" of "ten gronde gaan".
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Solank my onskuld nie bewys is nie, bly ek onder ........ .

1 % (afgerond)suspiesi
97 % (afgerond)suspisie 
1 % (afgerond)sispisie
sispiesi

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties