Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-09-2026 (vlak 1)



vorige toets 04 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 04-09-2026 só ingevul:



Iemand het rooiwyn op die tafeldoek gemors; nou sit daar 'n rooi vlek.
'n Sinoniem vir die woord "vlek" is ........ .
1 % (afgerond)vorm
94 % (afgerond)kol 
patroon
5 % (afgerond)prentjie

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Die mense in die onderdorp voer 'n ........ bestaan.
88 % (afgerond)armoedige 
1 % (afgerond)aremmoedige
aremmoedig
10 % (afgerond)armoedig

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Wat noem ons mense wat van buite Suid-Afrika se grense kom om hulle permanent hier te vestig?
80 % (afgerond)immigrante 
6 % (afgerond)emigrante
13 % (afgerond)imigrante
1 % (afgerond)emmigrante

'n Immigrant kom die land in; 'n emigrant gaan die land uit.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.



Die gaste het ʼn erewag voor die kerk gevorm.
Wat is die woordsoort van "erewag" in bostaande sin?
5 % (afgerond)werkwoord
90 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
1 % (afgerond)voornaamwoord
3 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “erewag - die erewag – erewagte”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties