03 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-09-2026 só ingevul:
My familie gaan eet gewoonlik by die ........ op Kersdag.
Koekemoer's Koekemoere Koekemoer'e Koekemoers
Eiename wat op "-r" eindig, kry 'n meervoudsvorm met "-s".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die ou tannie yl soms. Wat is die woordsoort van die woord "yl" in bostaande sin?
onoorganklike hoofwerkwoord statiese hoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord bedrywige hoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Piet skop die bal. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die ou tannie yl soms. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" na die werkwoord is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die huis is toegerus met drie slaapkamers, twee badkamers en 'n ........ .
oopplan-sit- en -eetkamer oopplan-sit en eetkamer oopplan-sit-en-eetkamer oopplan-sitkamer- en eetkamer
Omdat ons hier met een vertrek te make het, word die hele woordgroep aan mekaar gekoppel.
Ek sal die baas pols om te hoor of ons Vrydag vroeër kan huis toe gaan. Die dokter neem die pasiënt se pols. Die woord "pols" in bostaande sinne is 'n ........ .
homofoon homograaf antoniem homoniem
Homonieme is woorde met dieselfde uitspraak en spelling, maar verskillende betekenisse het.
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)