Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-09-2026 (vlak 2)



vorige toets 02 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-09-2026 só ingevul:



Suid-Afrika spog deesdae met verskeie bekende ........ .
2 % (afgerond)modeöntwerpers
1 % (afgerond)mode-ontwerps
12 % (afgerond)mode ontwerpers
84 % (afgerond)modeontwerpers 

ʼn Samestelling ("modeontwerper") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("mode" en "ontwerper") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. 'n Koppelteken is nie nodig nie, omdat daar nie uitspraakprobleme ontstaan nie.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Wie sal so ........ wees om so iets te glo?
naïv
28 % (afgerond)naief
71 % (afgerond)naïef 
naïev

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Hy het met die kwessie van rassisme 'n gevoelige ........ aangeraak.
27 % (afgerond)senuwee
1 % (afgerond)spier
1 % (afgerond)tand
71 % (afgerond)snaar 

Die idioom "'n gevoelige snaar aanraak", beteken ''n gevoelige onderwerp aanraak'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die gemeente het op ........ 'n erediens.
5 % (afgerond)hemelvaart
95 % (afgerond)Hemelvaart 
hemel vaart
Hemel Vaart

Die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae en feesgetye word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties