Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 01-09-2026 (vlak 3)



vorige toets 01 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-09-2026 só ingevul:



Hy het 'n ........ vir die Nederlandse letterkunde.
54 % (afgerond)geneëntheid
6 % (afgerond)geneëendheid
40 % (afgerond)geneentheid 

Ter wille van tradisie, of omdat daar geen uitspraakprobleme bestaan nie, word die deelteken nie in hierdie geval gebruik nie, selfs al behoort die betrokke aangrensende vokaalletters tot verskillende lettergrepe.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die ........ het die woeste vlaktes probeer tem.

2 % (afgerond)slegs pioniere
18 % (afgerond)slegs pioniers
slegs pionierens
80 % (afgerond)pioniers of pioniere 

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, asook afleidings van “-aar”, “-aard”, “-êr”, “-erd” en “-ier” kry ’n “-s” in die meervoud. Die AWS erken egter ook die meervoudsvorm met 'n "-e".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 24 September gevier word?
braaidag
1 % (afgerond)erfenisdag
96 % (afgerond)Erfenisdag 
3 % (afgerond)Braaidag

Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



Jameson is 'n bekende Ierse ........ .
14 % (afgerond)whisky of whiskey
27 % (afgerond)slegs whisky
58 % (afgerond)slegs whiskey 

Die woord "whisky" (sonder 'n "e") verwys na 'n soort drank wat spesifiek in Skotland vervaardig is; die woord "whiskey" (met 'n "e") verwys na dieselfde soort drank, maar wat buite Skotland vervaardig word. Sien ook https://af.wikipedia.org/wiki/Whiskey
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties