Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 01-09-2026 (vlak 2)



vorige toets 01 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-09-2026 só ingevul:



Hulle moes hul ........ onder eed aflê.
66 % (afgerond)verklarings
33 % (afgerond)verklarings of verklaringe 
1 % (afgerond)verklaringe

Die meervoud van "verklaring" is "verklarings" of "verklaringe".
Die meeste woorde wat op "-ing" eindig, kan "-s" of "-e" in die meervoud neem.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



ʼn Waterkanaal wat in die lug gebou is, soos ʼn brug, is 'n ........ .

59 % (afgerond)akwaduk 
27 % (afgerond)aquaduk
9 % (afgerond)akwadik
5 % (afgerond)aquadik

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “akwadik” in plaas van die korrekte “akwaduk”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Tannie Erna sê haar ........ is haar kosbaarste besitting.
83 % (afgerond)slegs broodboom 
14 % (afgerond)broodboom of Broodboom
slegs brood boom
3 % (afgerond)slegs Broodboom

Die gewone benamings van plante en diere begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.



Die woord "spoel" in die volgende sinne is 'n ........ .
Die tandarts hou altyd 'n glasie met pienk vloeistof waarmee jy jou mond kan spoel.
Die gare om die spoel het opgeraak.
79 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)antifoon
19 % (afgerond)homofoon
1 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “spoel” (‘met water reinig’) en “spoel” (‘klos’ of ‘naaldwerktuig’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties