Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 01-09-2026 (vlak 1)



vorige toets 01 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-09-2026 só ingevul:



Die bankrowers het ʼn motor gekaap en met die geld weggekom.
Wat is die woordsoort van die woord "gekaap" in bostaande sin?

adjektief
voegwoord
100 % (afgerond)werkwoord 
selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Daar is ’n ........ van Chagall se werke by die kunsgalery volgende week.
1 % (afgerond)ten toonstelling
ten toon stelling
tentoon stelling
99 % (afgerond)tentoonstelling 

Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel ("-ing") wat ʼn woordgroep ("ten toon stel") saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



ʼn ........ is al wat jy nodig het vir daardie seerplek; dit is nie so erg nie.

6 % (afgerond)pleister
1 % (afgerond)Plyster
93 % (afgerond)Pleister 
plyster

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord “ ʼn” begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Uitdrukking: Die koring van die ........ skei.
99 % (afgerond)kaf 
mielies
gars
1 % (afgerond)hawer

Die uitdrukking "die koring van die kaf skei" beteken 'die goeie van die slegte skei'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
97% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties