31 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 31-08-2026 só ingevul:
Iemand wat hom/haar deur iemand anders vir allerhande soorte (vuil) werk laat gebruik, noem ons 'n ........ .
kalfakter kabouter kalvaktor kalwakter
Die woord "kalfakter" is nie so bekend nie, maar beteken 'iemand wat iemand anders se vuil werk doen' of 'n 'niks beduidende persoon'. Die woord kom oorspronklik uit Latyn "calefactor" wat 'vuurstoker' beteken. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Idioom: Die ........ is toe, maar die geweer se loop is oop.
jag lood skoot hek
Die idioom "die jag is toe, maar die geweer se loop is oop", beteken 'al is die jag toe, skiet sommige mense nog'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die ........ is nie beskikbaar nie, en ek kan gevolglik nie die internet gebruik nie.
lokalearea netwerk lokale areanetwerk lokale area netwerk lokaleareanetwerk
"Lokaleareanetwerk" is 'n samestellende samestelling. Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "lokale" + selfstandige naamwoord "area") en ʼn selfstandige naamwoord "netwerk".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Hierdie dingetjies lyk miskien op die oog af na nietighede, ........ vreet dit aan 'n mens se siel.
dis al nietemin des al niet te min desalnietemin desalniettemin
Die voegwoord "desalnietemin" word nie baie gebruik nie, behalwe in besonder deftige kontekste. Soos alle voegwoorde word dit vas geskryf.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)