Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 31-08-2026 (vlak 2)



vorige toets 31 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 31-08-2026 só ingevul:



Die staatsaanklaer slyp sy tande vir die landdros se uitspraak.
Wat is die subkategorie van die woordsoort van "slyp" in bostaande sin?
73 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
8 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
11 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
8 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die staatsaanklaer slyp sy tande. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Derick het al baie ........ ("yo-yo") bemeester.
53 % (afgerond)klimtol- of jojotoertjies 
24 % (afgerond)klimtol- of jo-jotoertjies
7 % (afgerond)klimtol- of jojo toertjies
16 % (afgerond)klimtol-toertjies of jo-jo-toertjies

As 'n mens twee samestellings naas mekaar stel wat identiese dele bevat, kan die een identiese deel met 'n koppelteken vervang word. Byvoorbeeld: "klimtol- of jojotoertjies".
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die vergrotende trap van "lui" is ........ .

1 % (afgerond)meer luier
97 % (afgerond)luier 
2 % (afgerond)meer lui

Die meeste woorde in Afrikaans neem “-er” in die vergrotende trap en word nooit saam met “meer” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Sodra ek hierdie werk ........ , neem ek 'n blaaskans.
67 % (afgerond)onder die knie het 
33 % (afgerond)agter die blad het
onder die arm

Die uitdrukking "iets onder die knie hê" beteken 'om iets baas te raak'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties