31 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 31-08-2026 só ingevul:
Die ........ bewe soos die bokke in ʼn trop verbyhardloop.
grônd gront grond grônt
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
In die staatsdiens is daar ʼn groot aantal ........ .
departemente departements departementens
Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig ("departement"), kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
’n ........ gaan net moeilikheid bring.
knoei-ery Knoeiery Knoei-ery knoeiery
Die eerste woord van 'n sin begin met 'n hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord ('n) begin - dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.koppelteken is nodig nie.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Die Bulle se segelose toer is onder meer ........ hul eendimensionele en “onaanpasbare” wedstrydplan.
te danke aan te wyte aan
Die uitdrukking "te danke aan" word gebruik waar dit om iets gunstigs gaan. Die uitdrukking "te wyte aan" word gebruik wanneer daar negatiewe gevolge ter sprake is. (Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)