Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 28-08-2026 (vlak 2)



vorige toets 28 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-08-2026 só ingevul:



Gee asseblief vir my die ........ en die spykers aan sodat ek die skildery kan ophang.
19 % (afgerond)hammer
81 % (afgerond)hamer 
haamer
haammer

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Idioom: Gedane sake het geen ........ nie.
1 % (afgerond)genade
2 % (afgerond)einde
1 % (afgerond)doel
96 % (afgerond)keer 

Die idioom "gedane sake het geen keer nie" beteken 'as iets gedoen is, kan jy niks daaraan verander nie'.

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



........ moet gereeld byvoeding kry.
6 % (afgerond)Hoë-produksiekuddes
11 % (afgerond)Hoë produksiekuddes
81 % (afgerond)Hoëproduksiekuddes 
2 % (afgerond)Hoë produksie kuddes

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ’n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord soos "hoë + produksie") en ’n selfstandige naamwoord ("kuddes").
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



'n Gewapende man wat net 'n ........ dra, het fietsryers in die bos aangeval.
14 % (afgerond)lendedoek of lendelap
13 % (afgerond)lendekleed
4 % (afgerond)lendestuk
68 % (afgerond)lendedoek of lendekleed 

Die woord "lendedoek" verwys na die materiaal wat sommige mense om die lende dra; die woord "lendestuk" is 'n gewilde beesvleissnit wat in Engels as "sirloin" bekend staan.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties