28 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-08-2026 só ingevul:
Baie meisies ontvang op Valentynsdag 'n doos ........ .
chocolade sjokolade chokolade sjokola
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "sjokolade" is oorspronklik uit Spaans afkomstig.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Piet gaap so wyd ’n mens kan eintlik sy ........ sien.
klein tongetjie kleintongtjie kleintongetjie kleintonkie
Woorde wat op "ng" en ’n beklemtoonde lettergreep eindig, kry "-etjie" in die verkleiningsvorm (AWS 15.8). Hoewel die klem op die eerste lettergreep van "kleintongetjie" val, is die reël van toepassing op die oorspronklike stam "tong".
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Uitdrukking: Hierdie probleem is werklik ’n ........ .
turksvy doring pomelo pynappel
Die uitdrukking "iets is ’n turksvy" beteken ‘iets is ’n probleem’. Die Engelse weergawe van hierdie uitdrukking is, ‘it is a tricky matter’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die groot reën het die brug laat instort. Wat is die woordsoort van "instort" in bostaande sin?
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Skeibare werkwoorde vorm die verlede tyd met "-ge-", byvoorbeeld "instort - ingestort".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)