Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 27-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 27 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 27-08-2026 só ingevul:



Prof. Wissing se twee ........ is hoofsaaklik fonetiek en Afrikaanse fonologie.
83 % (afgerond)nisse 
3 % (afgerond)nise
14 % (afgerond)niste

'n "Nis" is 'n spesialisgebied, die area waarin iemand 'n kundige is. Oorspronklik het die woord "nis" verwys na 'n holte in 'n muur. Metafories verwys 'n spesialis se nis dus na daardie holte wat hy/sy vir hom/haar uitgekap het.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die soldaat lig sy vuis ........ .
17 % (afgerond)slegs triomfantlik
5 % (afgerond)slegs triomfantelik
78 % (afgerond)triomfantlik of triomfantelik 
slegs triomphantelik

As jy iets met triomf doen, doen jy dit triomfantlik. Ons kan dit ook "triomfantelik" spel.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die pasiënt is tans in die ........ , maar behoort binnekort na die gewone saal oorgeplaas word.
2 % (afgerond)hoë sorgeenheid
hoë sorg eenheid
4 % (afgerond)hoë-sorgeenheid
94 % (afgerond)hoësorgeenheid 

As die lengte van 'n saamgestelde woord lees bemoeilik, kan 'n koppelteken tussen die samestellende dele gebruik word, maar die koppelteken moet nie tussen die byvoeglike naamwoord ("hoë") en die daaropvolgende selfstandige naamwoord ("sorg") geskryf word nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ek het vir my hierdie mooi handskoene op die uitverkoping gekoop. Dis van egte ........ .
9 % (afgerond)suede
20 % (afgerond)suéde
1 % (afgerond)suedè
69 % (afgerond)suède 

Vreemde woorde ("suède") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties