27 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-08-2026 só ingevul:
Om sommer dadelik in die swembad te spring om die kind te help, was baie dapper van Janine. 'n Sinoniem vir "dapper" is ........ .
kommerwekkend betroubaar braaf stoer
Vir "braaf" erken Skryf Afrikaans: A-Z, VAW en WAT slegs die betekenis van 'deugsaam', terwyl HAT, Groot Tesourus van Afrikaans en Groot Woordeboek "braaf" en "dapper" as sinonieme aandui. Dit is onnodig puristies om te sê dat "braaf" en "dapper" nie sinonieme is nie, aangesien ons "braaf" en die Engelse "brave" beide uit Frans kom.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Die ........ van ’n kind verskil van die van ’n volwassene.
denkprosessens denkprosesse denkprosesses
Naamwoorde wat op "-s" eindig ("denkproses"), kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm. Die "s" word verdubbel om die [ɛ]-klank kort te hou.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die wyse manne uit ........ het geskenke gebring.
Die ooste Die Ooste die ooste die Ooste
Wanneer ons na die windrigting verwys, skryf ons "ooste" (byvoorbeeld "die wind waai uit die ooste"), maar wanneer ons na die geografiese streek verwys, skryf ons "die Ooste".
Sien ook die bladsy Plekname.
Die duiker se suurstof is amper op. Wat is die woordsoort van "suurstof" in bostaande sin?
voornaamwoord voegwoord selfstandige naamwoord bywoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Massaname, soos "suurstof" het egter nie meervoudsvorme nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)