23 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-07-2026 só ingevul:
My ma wéét hoe om ........ te maak.
oblitjies oëblietjies oblietjies obliekies
Oblietjies is bros, papierdun skyfies wat soos klein kunswerkies lyk. Die term “oblietjie” kom van die Latynse "hostia oblata". Die lekkerny het sy oorsprong tydens die Middeleeue gehad toe kerke nagmaal daarmee gevier het. Die meeste Suid-Afrikaners ken dit vandag as "brandy snaps", maar party verkies gemmerkraakrolletjie (Peter Veldsman se mooi vertaling). Bron: http://www.kossestorie.co.za/stories/resepte/oblietjies/
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Sommige mense gebruik ........ om bloeding te stop as hulle hul raak geskeer het.
alluin alein aluin allein
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “alein” in plaas van die korrekte “aluin”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Identifiseer die FOUT in die volgende sin: Daar word talle sportmotors teen weggooipryse in die tweedehandse motorgids geadverteer.
geadverteer weggooipryse sportmotors tweedehandse motorgids
Die korrekte skryfwyse van "tweedehandse motorgids" is "tweedehandsemotorgids". Dit is 'n samestellende samestelling wat bestaan uit 'n woordgroep ("tweedehandse motor") plus naamwoord ("gids").
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die woorde "kopie" (wat na 'n 'voordelige aankoop' verwys) en "kopie" (wat 'afskrif' beteken), is ........ van mekaar.
homofone homonieme homograwe poliseme
Homograwe is woorde met dieselfde spelling, maar met verskillende betekenis en uitspraak. Die uitspraak van "kopie" (meervoud "kopies") en "kopie" (meervoud "kopieë") verskil deurdat die klem in eersgenoemde geval op die eerste lettergreep val en in laasgenoemde geval op die tweede lettergreep.
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)