Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 22-07-2026 (vlak 3)



vorige toets 22 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-07-2026 só ingevul:



Dit was ........ wat die blompot omgestamp het!

77 % (afgerond)ék 
23 % (afgerond)èk

Die akuutteken word gebruik om woordklem in 'n sin aan te dui.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.



Die dokter het ........ by die pasiënt gediagnoseer na sy aanhoudende klagtes van maagkrampe.
1 % (afgerond)prikkelbare derm-sindroom
90 % (afgerond)prikkelbaredermsindroom 
9 % (afgerond)prikkelbare dermsindroom
1 % (afgerond)prikkelbare derm sindroom

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord, byvoorbeeld "prikkelbaredermsindroom", "breërandhoed" en "hoëhakskoen".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die buitelanders in die hotel kom vanaf ........ .
69 % (afgerond)Saoedi-Arabië 
5 % (afgerond)Saudi Arabië
8 % (afgerond)Saoedi Arabië
17 % (afgerond)Saudi-Arabië

Die Afrikaanse spelling vir die Engelse "Saudi Arabia" is "Saoedi-Arabië".
Sien ook die bladsy Plekname.



Idioom: 'n Mens kan nie 'n ........ sonder 'n hand maak nie.
3 % (afgerond)kunswerk
3 % (afgerond)huis
94 % (afgerond)vuis 

Die uitdrukking "'n mens kan nie 'n vuis maak sonder 'n hand maak nie," beteken 'n mens kan nie die onmoontlike doen nie'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties