22 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-07-2026 só ingevul:
Die kuberkrakers het deur middel van 'n gaping in die ........ die stelsel gekraak.
sekerheidsstelsel sekuriteitesstelsel sekerheidstelsel sekuriteitestelsel
As die eerste komponent van 'n samestelling in die enkelvoud nie op 'n "-s" eindig nie en die tweede komponent met 'n "s" begin, word 'n verbindings"-s" nie geskryf nie. Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Die minister van finansies sê die begrotingsproses is 'n ........ baie sensitiewe proses ........ .
geen leestekens aandagstrepe enkelaanhalingstekens dubbelaanhalingstekens
Ons gebruik dubbelaanhalingstekens om 'n aanhaling aan te dui. Dit kan 'n woord, frase, sin of 'n langer stuk teks wees. (AWS13.4)
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.
Idioom: Nie 'n ........ se kans hê nie.
kraai kat hond muis
Liewe ........ Bester, baie dankie vir die pragtige blomme!
tannie Tannie tannie of Tannie
Indien 'n eienaam in 'n aanspreek- of aanhefvorm bygevoeg word, begin die aanspreek- of aanhefvorm met 'n kleinletter (AWS 9.5).
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)