Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-07-2026 (vlak 1)



vorige toets 21 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-07-2026 só ingevul:



Die voorkant van die huis is sonder vensters.
Wat is die woordsoort van "sonder" in bostaande sin?
3 % (afgerond)lidwoord
12 %voegwoord
38 % (afgerond)voorsetsel 
47 % (afgerond)bywoord

'n Voorsetsel of preposisie
dui die relatiewe posisie of verhouding tussen twee elemente aan. 'n Mens kan gewoonlik 'n lidwoord ("'n" of "die") na die voorsetsel gebruik, byvoorbeeld "'n broek sonder 'n lyfband".

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Naby die stasie is daar ’n ........ vir taxi's.
12 % (afgerond)staanplaas
stand plaas
stand-plaas
87 % (afgerond)standplaas 

ʼn Samestelling ("standplaas") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("stand" en "plaas") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



In die winter groei hier baie ........ .
1 % (afgerond)Vark-blomme
11 % (afgerond)Varkblomme
1 % (afgerond)vark blomme
88 % (afgerond)varkblomme 

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "varkblomme", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a).
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.



Almal is in ........ oor die gewilde sanger se besoek aan die skool.

2 % (afgerond)erns
96 % (afgerond)beroering 
1 % (afgerond)afgryse
1 % (afgerond)twyfel

Die uitdrukking "in beroering wees", beteken 'opgewonde wees'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties