20 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-07-2026 só ingevul:
Die opdrag was veels te moeilik. Wat is die woordsoort van "veels" in bostaande sin?
bywoord selfstandige naamwoord werkwoord byvoeglike naamwoord
'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe moeilik was die opdrag? Die antwoord: veels.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Moira se gebakte brandewynsjokoladekoek is my ........ .
gunstelings gereg gunsteling gereg gunsteling-gereg gunstelinggereg
ʼn Samestelling (“gunstelinggereg”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“gunsteling” en “gereg”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Let daarop dat die woord "gunsteling" 'n selfstandige naamwoord is en nie 'n byvoeglike naamwoord nie.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Fiona se stem klink ........ wanneer sy nie te naby aan die mikrofoon praat nie.
meer duidelik duidelikst duidliker duideliker
Wanneer "duidelik" in die vergrotende trap gebruik word, kry dit slegs 'n "-er" agteraan. Ander voorbeelde sluit in: "oulik" word "ouliker" en "blond" word "blonder".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
As jy vir iemand wil sê hy moet eers 'n huis koop voor hy trou, sê ons in die idioom: "Eers die ........ , dan die vroutjie."
boudjie koutjie moutjie houtjie
Die idioom beteken 'jy moet eers 'n huis (voëlkoutjie) kry voor jy trou'. Leer meer oor Afrikaanse idiome by http://www.gesegdes.co.za/idiome/idiome.html.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)