Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 16-07-2026 (vlak 1)



vorige toets 16 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-07-2026 só ingevul:



Die sprinkane ........ .

maai-af die veld
98 % (afgerond)maai die veld af 
1 % (afgerond)afmaai die veld
maai af die veld

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld "Die sprinkane maai die veld af.” en “Die sprinkane gaan die veld afmaai.”.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Karl Marx het godsdiens as die ........ van die volk beskryf.
oopiüm
2 % (afgerond)oopium
9 % (afgerond)opiüm
89 % (afgerond)opium 

Die woord "opium" kry nie 'n deelteken nie, aangesien daar geen leesbaarheidsprobleme tussen die vokale "i" en "u" ontstaan nie.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Sjoe, die koeksisters is ........ !
78 % (afgerond)stroopsoet 
8 % (afgerond)heuningsoet
14 % (afgerond)suikersoet
kondensmelksoet

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



'n Spinnekop van die orde Solifugae staan algemeen bekend as 'n ........ .
15 % (afgerond)Baarskeerder
79 % (afgerond)baardskeerder 
1 % (afgerond)baard-skeerder
5 % (afgerond)Baard-skeerder

Dié harige spinnekop het 'n klomp name in Afrikaans: rooiroman, roman, romanspinnekop, spekvreter, vetvreter, jagspinnekop, jaagspinnekop, baardskeerder, haarskeerderspinnekop of haarsnyer.
Algemene name van insekte, spinnekoppe en ander goggas begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties