14 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-07-2026 só ingevul:
Die kerk hou die naweek 'n basaar ter ........ van hul fondse.
stywing stawing stuiwing stuifing
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “ter stuiwing” in plaas van die korrekte “ter stywing”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die manlik van "weduwee" is ........ .
wewenaar weduwaar grasweduwee manweduwee
'n Wewenaar is 'n man wie se eggenote/lewensmaat oorlede is.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Die vyfde planeet vanaf die ster ........ is Jupiter.
son son of Son Son
"Son", "Maan" en "Aarde" word met hoofletters geskryf wanneer hulle as eiename van spesifieke hemelliggame gebruik word. As jy die lidwoord "die" of 'n telwoord voor "son", "aarde" en "maan" kan gebruik, word dit met kleinletters geskryf, byvoorbeeld "Die son skyn lekker warm" of "Die aarde het slegs een maan". (Bron: HAT Taal- en Feitegids).
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
'n Sinoniem vir die woord "bysiende" is ........ .
versiende nabysiende biopies miopies
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "bysiende" is van Germaanse oorsprong; die woord "miopies" kom van die Griekse woorde "muo" wat 'toemaak' beteken, en "ops" wat 'oog' beteken. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)